Thursday, 3 October 2013

EPISODE 2 ...

Facebook is 'n snaakse ding - jy vind daar goed uit oor jouself wat jy NOOIT geweet het nie.
Mense raak kwaad vir jou oor simpel goed en "delete" jou sommer.  Dit is vir my vreeslik snaaks hoe sommige mense so kleinlik kan wees en dink 'n delete knoppie gaan alles regmaak?
Since When?  Laat weet asb hoe daai een werk.

Ek is tog so bang om te verjaar of om 'n man of kind te hê wat verjaar, want dan moet jy nou eers weer uitvind wie baklei met wie, wie wil nie saam aan dieselfde tafel sit nie, en wie mag nie by dieselfde party wees nie.
Dit irriteer my.  Why not just be nice ter wille van jou hostess wat julle albei graag daar wil hê... As jy huis toe gaan kan jy maar verder jou Facebook unfriend knoppie gaan druk. 
Blok mekaar sommer!  Dan bestaan die een mos nie meer vir die ander een nie.  Lekker.

Hoekom moet almal mekaar altyd met mekaar vergelyk?  Alhoewel ek nou 'n Audi ry, is die blerrie ding al 6 jaar oud, het 160000 km's op die klok, die voorste linkerwiel het 1 wheel nut missing en die kinders mors kos oor die agterseat.
En so what - dis 'n kar en bring my van A tot B.  Ek sal LOVE om ons ou Ford Escort te hê waarmee ons grootgeword het.
Daai ding sal seer sekerlik ligter wees op petrol en die services sal bestaan uit 'n sparkplug en 'n nuwe tyre so nou en dan as jou kerkloop sykouse teen die drade begin skaaf.

Daai Escort het my lewe hel gemaak op skool.  Nou lag ek daaroor, maar op skool was dit die most humiliating experience as my pa my en Nadia met die Escort by die skool kom haal het.
En hy het dit geweet - which is why hy in die reguit stuk afgejaaaaaag het tot by die skool - EERS verbygery het sodat almal kon sien, en dan gestop het voor my - nadat hy op die toeter gelê het.
Dan is ons in, en het (saam met die agtersitplek) gegly agter die bestuurder se sitplek in... Tot by die huis.

Dieselfde Escort het ook 'n helse roeskol gehad regs agter net bokant die petrol cap.  Vir my het dit gelyk of my pa die helse roeskol net met 'n enkel laag Plascon dubble velvet toegeverf het - dit was baie grof, soos skuurpapier.
of wag - dalk WAS die gat toegeplak met skuurpapier en TOE geverf?  Ek gee nie om nie, want as dit oordentlik reggemaak was, sou ek nou niks gehad het om vandag oor te lag nie.

Die einste Escort het OOK een middag besluit om van sy exhaust ontslae te raak - dalk was hy jaloers op al die ander karre op Despatch wat so lekker geraas het?
My ouers is altwee onderwysers en ons het die Sondagmiddag besluit om Perseverance toe te ry waar die Standerd wat-ook-al kinders gekamp het.  Halfpad met die grondpad langs het die exhaust in die helfte gebreek.
In die middel deur - ons kon nie vorentoe of agtertoe SONDER dat die hele ding nie vassteek op die gravel en heeltemal afval nie.
Wel nou ja, ons het besluit dat VORENTOE ons beste keuse sal wees, en my pa het net daar 'n plan gemaak.
Omdat hy 'n boot gehad het, was daar altyd 'n ketting en 'n slot in die boot van die Escort sodat my pa die boot se sleepwa kon vasketting.
Ketting is uitgehaal en die exhaust is aanmekaar geketting met die slot, en die ketting moes my ma deur die venster trek sodat die exhaust kon lig - sodat ons kon ry. 
Oppad huis toe het my pa deur Pres. Reitzstraat gery.  Hoekom hy nou gekies het om deur die buurt te ry waar mense besig was om te slaap - eerder as deur die hoofstraat waar hy niemand sou offend nie, en waar hy maar net sou klink soos nog 'n laaitie wat iemand wil dice, weet ek tot vandag nie.
Ek sal daardie dag nooit vergeet nie.

En om terug te kom by die vergelykings waarvan ek vroeër gepraat het - hoekom wil almal probeer beter wees as die vorige een?  Dit is vir my sleg, want ek is nie so nie... In episode 1 het ek wel genoem dat ek 'n undercover poppie is, maar dit beteken net dit.
As daar 'n vergadering is, trek ek maar altyd my Woolworths jean aan, in case die label uitsteek, sodat almal verdomp kan sien ek het ook een.  En die enigste leerhandsak en fake pêrels word aangeslaan om in te pas. As daar verjaarsdagpartytjies is, word almal genaartjie en gekido van kop tot tone - soms dieselfde pakkie as by die vorige verjaarsdagpartytjie.
 Dit is simpel en ek dink jy maak die lewe net moeilik vir al die gewone mense om jou.  My kids floreer in PEP klere (soos hulle ma) - hully groei so vinnig dat ek NIKS voel om daar verblykte t-shirt in die drom te smyt nie - of af stoor toe te stuur saam met Sophie vir 'n verskoonsel'kie olielappe.

Mans, hoe gereeld maak jy vir vrou die deur oop?  Ek moet sê ou William doen dit so nou en dan, maar dis cool as hy dit nie doen nie.  Ek ry nie gewoonlik nie in sy bakkie nie, want dit is BAIE vuil, ghrieserig, stinkerig en stowwerig, maar as ons die dag iewers in die bakkie moet heen, sal hy te oulik vir my al die spanners en irrigation things uit die pad uithaal sodat ek kan sit - so hy MOET vir my die deur oopmaak.

Die bakkie was egter nie altyd so bad nie.  William het sy bakkie gekry die week toe ek en hy op ons eerste date was.  Jis, dit was mooi - met die klem op WAS.
Ons het mark toe gery op 'n Maandag- en Woensdagaand en dit was tog te heerlik.  Aircon / heater aan in either die somer of winter. EN ons kon CD luister.  Needless to say 11 jaar later kan jy NIE DURF WAAG om die air vents oop te maak nie, want jy sal binne-in 'n kroniese sinus probleem geblaas word, en die CD werk NIE, want NOW 5 sit vas in die CD player.  Ook kan die radio nie meer werk nie, want die aerial is non-exsistant.
So het ek toe mos weer onlangs saamgery, en dit was toe weer vet pret - ons het gelag oor die aircon en die radio en het onsself getreat met 'n lekker Kentucky burger soos in die ou dae.
William se bakkie is BIETJIE geduik, of ek moet eerder sê bietjie NIE geduik nie.  'n Hele paar blou Chep pallets het oor die dak geval op die bonnet op en William se pa het in die bestuurders deur vas reverse... Net om die volgende dag te vra "wat het met jou deur gebeur?"
Wiliam het dieselfde bakkie ook al gerol op die Hankey pad toe hy een aand laat van my af huis toe gery het... en teen 'n koei gebots het.  James was volgens William eerste op die toneel binne 3 minute (?).
Dieselfde bakkie se wiel, ja hele wiel, het 2 weke terug oppad Humansdorp toe sommer afgeval... 2 uur later het Vuyani die tyre in 'n bos gekry 200m verder in die kloof af...
Daardie selfde week se Vrydag het die brieke gefail - en hy is amper bo-oor 'n onskuldige outjie...
En nogsteeds dink William nie die bakkie is due vir 'n replacement nie.



1 comment:

  1. Ai...nou het ek lekker gelag!! Kosbare memories xxz

    ReplyDelete