So hier sit ek nou in my "kantoor"...
'n kamertjie uit die gang oppad na die spaar/stoorkamer wat eers die hedendaagse stoep was wat nou mure het.
Dit is blerrie koud!
Die vloer het teëls en daar is 'n helse gat onder die deur.
Sê juis vir 'n vriendin gister dat, as ek my maag mooi intrek, ek onderdeur sal kan gly.
So groot. En die ysige lug kom daar deur man!
Die koue van die teëls slaan hier op in my bene en kruis nou net mooi hier in my lae rug met die koue van agter onderdeur die deur.
Ek wil 'n heater hê, maar sommer 'n ou china issue. Net vir die voete, want sjoe!
Mens kan net so lank suffer.
Ons het immers 'n aircon in die spaarkamer, maar daardie remote is al lankal weg.
As my rekenaar nie so baie drade gehad het nie, sou ek dit waaragtig geskuif het tot in die tee-vee kamer.
Ongelukkig kan ek nie meer op my laptop edit nie - die ding het ek met my eerste bonus gekoop in Simson se dae, nog selfs voor sy hare geknip was.
Nou moet jy weet.
Ek is nou 30.
Ek ek voel niks anders as 29 nie. So ek is nou nie seker of daar juis 'n verskil moet wees nie?
Ek het 'n great partytjie gehad - en ek bedoel vergeetlik GREAT.
Ek het voorheen vir Carol gewaarsku en gesê "Carol, ek ken my crowd. Sorg dat daar genoeg brandewyn is. My pelle van Despatch kom. Toe hoef ek niks meer te sê nie, sy het my verstaan.
Ongelukkig verkeerd verstaan, want hier teen middernag, toe ek nou LEKKER begin verjaar, moes daar inderhaas gery word tot by JR se shebeen in Hankey vir nog brandewyn, want my tjommas is almal oraait en die brandewyn op!
Daar was ook mense by my verjaarsdag wat ek nie geken of genooi het nie. Dit was baie cool dat mense die vrymoeidgheid gehad het om te kom, julle is ook almal oraait.
Baie dankie vir al die goeie wense en so aan - dit was koud, het bietjie gereën en als, maar julle was daar by die menigte. Vir my. Dit was 'n awesome gevoel.
Verlede maand se boereverening vergadering was heel interessant, hoor. Ek het daar goed gehoor wat ek moet implimenteer op die plaas waarvan ek nog nie gehoor het nie.
Daar is soveel opleidings beskikbaar vir ons werkers en soveel titels wat uitgedeel moet word met verantwoordelikhede dat ons nie genoeg werkers op die plaas het om al die rolle van belang te vul nie.
Ons sal maar hier en daar twee titels moet uitgee. Jong, as dit eers kom by opleiding vir handewas en soos ek gistraand gehoor het, opleiding vir besem operateur, dan weet ek nou nie wie bekwaam genoeg sal wees om in so 'n posisie aan te stel nie.
Sê nou die mense was verkeerd of te lank? Die implikasies! Ek wil nie dink nie. En die besem - hoe weet ek nou hulle gaan die ding reg vashou soos hulle in die opleiding van R400 geleer is?
O wag - gelukkig het ek mos nou 'n besem-vee toesighouer wat kan check en 'n vorm invul. Lorika het vandag die besem verkeerd hanteer. kom ons hou 'n vergadering en notuleer dit sodat ons die departement van arbeid kan wys as hulle kom inspekteer.
'n Incident report julle weet. Sy sal nie weer met haar linkerhand onder vee nie. Sy het 'n waarskuwing ontvang. Teken hier. Getuie teken hier. File.
Ander onbenullighede soos 'n per meter log boek van oral waarheen die bakkie ry sodat ons tog nie die hele diesel rekening eis nie, maak my lam.
Het julle ons bakkies gesien? Hulle is altwee 11 jaar oud. Die goed kan nie waag om van die plaas af te ry nie. Die ding is tegnies onpadwaardig. Daar word nie na 'n braai gery met die ding nie, of na die kerk of ander buitemuurse aktiwiteite wat NIE met die boerdery te doen het nie.
So ek dink daar is ons redelik veilig.
Ek het mos juis nou vertel van die bakkie in episode 2 - van waar die bakkie se wiel afgeval het en verdwyn het in die natuurskoon in.
Hy kon toe gelukkig 1 wheelnut leen by die ander 3 wiele om die spaarwiel soortvan vas te maak om verder te gaan.
Dan het ook ons darem 'n trok. Of eerder iets wat lyk na 'n trok - dieselfde raamwerk met die verkeerde binnegoed. Was petrol-is-nou diesel-verkeerde-ratkas-trok.
Skoonpa het gedog hy bedoel goed, en koop toe die stukkie trok ten duurste op die auction... Sal dit toe ook mos nou 'n ou scrap metal trokkie wees - ewe gevref met rooi - scrap metal - ai!
William het juis ook al sy bakkie se ratkas vervang nadat hy said vehicle teen die bult moes uitsleep om aan die gang te kom.
Dieselfde trok wat William juis die dag VOOR tabakinlewering mee gery het om tabak af te laai sodat die ander boere hom nie sien nie - net om daar te kom en uit te vind almal het dieselfde idee gehad!
Tydens daardie trippie het William 9 keer gaan staan OPPAD Patensie toe. Hy wou die trok ook toe maar soos die wiel die klowe in laat verdwyn het - as dit nie vir die tabak agterop was nie... Marius noem hom scrappy...
Ons forklift moet ook nou blykbaar getoets word. Daardie ding is so oud, mens draai nog 'n slinger om hom te start, so ek hoop die inspekteur kom op 'n warm dag, anders gaan dit bietjie sukkel.
Die elektrisiteit moet ook gecheck word.
Right.
Vinger op die knoppie.
Sit aan.
Lig gaan aan.
Elektrisiteit werk, teken asseblief hier en hier op die GEEL blaai, laat dit nou net nie 'n wit een wees nie.
Dit is R797, dankie.
Ons moet iemand aanstel om seker te maak dat die ander nie shock of sy vinger in die masjien druk nie.
Wie het nou so baie geld om iemand aan te stel om rond te staan en check vir dit? Ek dog "moenie jou vinger in die plug druk nie" was een van daai kommin sense goed.
Right, opleiding:
1 moenie-jou-vinger-in-die-plug-druk-nie rondstaner.
R400
Teken.
Sertifikaat.
Nou is nog iemand ge-uplift met 'n title...
Fan-TAS-ties!
No comments:
Post a Comment