Wednesday, 25 September 2013

Episode 1

Originally posted on January 7th, 2013

Baie keer bevind ek myself op die punt waar ek sê "daar is min dinge wat my so irriteer soos..." en ek het nou besef daar is quite a few things wat my grensloos irriteer:
Muskiete en vlieë: honestly, wat is die punt? Muskiete vreet my kids en laat my enkels rooi en opgehewe! En wanneer ek besig is met Krismis kos is die laaste dinge wat ek om my kop wil hê, 'n vlieg!

Kinderagtigheid is nog 'n ding wat my lam maak - baie keer wens ek ek kan hardop dink en mense laat weet they should act their age and not their shoe size!!! Wanneer mense maak asof hulle stupid is, wil ek ook sommer iets breek. Praat van breek - as jy ooit 'n glas chip (of 'n bord of 'n koppie of 'n piering) hou dit in 'n sak en as jy die dag LUS is om iets te breek, gryp daai sak en smyt dit teen die muur. MAN, dit is so bevrydend as daai glas in 'n 1000 stukke spat EN jy kan dit netjies in die drom smyt en niemand weet van niks!

Personal space... Need I say more! Moenie agter my in die ry staan met jou vooruitstrewende boesem in my rug nie!!! Jy gaan my nie vorentoe gestoot kry nie, en jy gaan nogsteeds eers NA my by die till kom, so please. Take a step back. 


Stories en nastiness is so onnodig, veral tussen "vriende" en ek verstaan dit glad nie. Wees vir 'n slag jouself en wees vir 'n slag eerlik met ander EN met jouself... En onthou
"Honesty is expensive. You can't expect it from cheap people." 

Familie drama - ag jis. Ek is so bly ek is nie die enigste een wat weet waaroor hierdie afdeling gaan nie!!! Hoekom? Ek dink nie ek hoef hier meer te sê nie - each one can relate - dit irriteer my.  Dalk kan ek hierdie jaar iets hieraan ook doen.  If I'm lucky. 

Chain letters lees ek nie eers nie. Selfs nie as dit 'n Christelike een is - ek forward dit ook nie, want wie het nou besluit ek gaan NIE geseën word en reguit hemel toe omdat ek dit nie na 15 mense toe aanstuur binne 3 sekondes nie. Ek druk delete voordat dit nog oop is. Dieselfde geld vir 'n bbm broadcast message. Sommige mense stuur amper daagliks 'n ding aan van 'n upgrade - as jy dit nie aanstuur nie, gaan jou bbm nie meer werk nie. Ek EN jy BETAAL elke maand vir jou bbm service - dink jy nou regtig dit gaan nie meer werk as jy NIE 'n boodskap rondstuur nie? Hie hie!!!


Sommige mense is ook bietjie gullable om foto's van siek kinders aan te stuur op Facebook wat na 1000 shares 'n free kidney transplant gaan kry? Hoekom? Dit ontstel my en ander net - sommige van daardie kiddies is al lankal reeds oorlede en ek is seker hulle familie gaan nie daarvan hou om 'n foto van hulle kind in 'n hoax sharing scam te sien all over Facebook nie.

My kinders wat so baklei en nie ore het nie - ek is seker almal se kids baklei en het op 'n stadium nie ore nie, so ek sê dit nou maar net hier omdat dit my partykeer bietjie irriteer as hulle nie luister nie. 

Ugly clothes at Mr Price - flippit! Hierdie somer kan jy 'n swartsak by 'n goue jean dra en jy sal presies 100% in die mode wees. Mense sal nie eers 2 keer kyk na jou nie. Dalk raak ek net oud???

Oud? JA!!! Hierdie jaar word ek 30. Ek weet nie of ek moet lag of huil nie, maar ek dink ek kan trots wees op wat ek al bereik het teen amper 30!
Ek het in 2012 geleer om nee te sê en DIT WAS LEKKER!!! Partykeer is daar 'n fyn lyn tussen "guns bewys" en "my goedheid  abuse"... Kry jou lyn en bly aan jou kant.  Staan op vir wat joune is - al is dit net jou tyd. Dit is BAIE werd.

Ek het nie nuwejaarsvoornemings nie.  9 uit 10 mense noem 'n helse klomp goed op waarby geen normale mens kan hou nie!  So ek het eerder 'n paar goals gestel waarby ek graag wil uitkom en dit sal nice wees as ek daarby kan uitkom:

* ek wil nog 'n make-up kursus by Zandri doen. Die eerste een was wonderlik, ek het so baie geleer en sal hou van nog een - sy is great. Het ook my laaste troue van 2012 saam haar gedoen en die bruid was gorgeous (al my bruide was ;) ).  Almal moet so nou en dan bietjie mooi lyk, en as jy heel dag oordentlik mooi kan lyk, why not.

* ek wil, en al is dit net 1, 'n volledige model portfolio saamstel (obviously van 'n model, nie myself nie)

* ek wil 'n trash-the-dress shoot doen

* ek beoog om 'n paar keer 'n week so 3 keer om die huis te stap en bietjie oefening kry.


* ek wil die Hanekam gaan klim saam met Johan (en William en almal wat wil saam)  Ek dreig al van Oktober 2012 af, maar sodra hy 'n groep het wat kan saam, gaan ons klim (bless my soul)
* ek en William gaan probeer om meer social te wees.  Ons is so moeg dat, wanneer ons niks HOEF te doen nie, ons net by die huis sit

* ek wil my besigheid registreer en 'n nuwe bankrekening oopmaak vir my BESIGHEID

Facebook was great vir my besigheid.  Vir my gaan dit nie oor hoeveel mense my "page like" nie - al is dit nice om al op 300 te staan met mense daar wat ek van g'n Adams kant af ken nie.  Ek waardeer al die komplimente en kommentare en kry hoendervleis as iemand wat ek glad nie ken nie, my inboks en sê hulle is "totally in love with my work".


Verwysings is vir my belangriker as advertising. Ja, advertising is nodig, maar meeste van my werk kom van "word-of-mouth" - en dis vir my cool.   My werk IS tog my advertensie.
Speaking of advertising - ek is sooooo trots op my halfblad advertensie in die tydskrif en al moes ek maar later self een gaan koop, is dit 'n beautiful en amazing magazine wat elke bruid moet hê!  Ek hoop dat die volgende uitgawe ook exciting dinge inhou vir my, al kos dit 'n paar trane!! 
Ek het hierdie jaar 7 bruide gehad - 'n slight upgrade van verlede jaar se 2.  Vir 2013 het ek al klaar 7 bruide voorlopig bespreek - een van Amerika (!!!), een op 'n wilsdplaas, in Kirkwood en in Grahamstad... ek is nie meer LOCAL nie!! EN ek werk weer in Maart 2013 saam met Jean-Pierre Uys in Nieu Bethesda.  Kan nie wag nie!  Een van sy onlangse troufoto's wat hy geneem het in Italië is (weer, vir die 3e keer) as een van die 50 mooiste troufoto's in die wêreld vir 2012 benoem?  Hoe awesome is dit?
Op die tydskrif noot is ek BAIE BITTER VREESLIK trots op William wat OOK gepublish is, maar nie so public daaroor is soos ek nie! Hy het 'n nuwe soort sitrus ge"kweek" wat NET hy het en NIEMAND anders in die hele wêreld nie - en hierdie eksperimentele sitrussoort is opgeneem in 'n boek oor sitrussoorte van die wêreld. Wow William... Dit is so cool, nie baie boere kan dit sê nie - en jy verdien dit 100% vir hoe hard jy gewerk het daarvoor!! Ek hoop dat nie vir lank "eksperimenteel" sal wees nie. 
Ek mis my hoëhak skoene. My eerste werk was by Victoria Park High School in PE. Ek was 20 en het ELKE dag met hakke gaan skoolhou. Dit het dan gevoel ek is aangetrek. Vir die volgende 5 jaar was ek so aangetrek. High heels - en toe raak ek swanger - en tot op amper 6 maande het ek met my hakke skoolgehou by Woodridge.  Toe is ek plaas toe, waar hakke nie lekker pas nie - ek DIS hoekom ek 'n kas vol skoene het wat ek nie dra nie. Dit pas nie op 'n gravel pad nie? So my fetish is nog baie lewendig en ek kan myself nou nie langer inhou nie. Hierdie somer SAL ek my hakke dra!  Al is dit net kerk toe. 

Ek is trots op my sussie wat uiteindelik klaar geleer is. 'N BTS (teologiese studies spesialiseer in jeugwerk) en 'n HOD. Dis nice. Nou's ons al 4 onderwysers - Pa, Ma, ek en sus.


Which brings me to Teachers/Teaching in general - ek is baie dankbaar vir Hannelie, Alet en Liesl (in haar toekomstige afwesigheid) vir wat hulle vir my kind en die valleikinders beteken. Dit is wonderlik om te weet dat ons kinders 'n great begin het, en dat daar met baie liefde en geduld na ons kids omgesien word. As juffrou, kan ek vir julle waarborg dat dit NIE maklik is nie en dit verseker NIE 'n halfdag job is, soos baie mense dink nie. Dit is meer, baie meer. 
(Daar is nie verniet 'n Whiskey met die naam TEACHER'S nie!!!!!)

Ek is trots op al die vrouens van die vallei, veral my vriendinne wat so goed doen met hulle besighede - vrugte, groente, kleremakers, designers, venues, gastehuise, winkels, koekversierders, en en en. In 'n tyd waar ekonomie sy agterent sien, is dit so cool dat ons almal nogsteeds strive to be better en doen waarvan ons hou.

I suck at admin. VREESLIK!!  So dalk kan dit ook 'n goal wees - om my papierwerk bietjie agtermekaar te kry. Ek voel dit is 50% my kantoor en huis se skuld wat geen ingeboude kaste het nie, maar ek sal nie meer verskonings soek nie. Ek suck - I admit - I will try.
Na 11 jaar se vry, kys, verlief, verloof en getroud wees, het ek nog nie 'n sleutel vir my eie huis nie??? Ek het dit nog net 2 keer in 11 jaar nodig gehad - waartydens 'n self-inbraak na 'n goeie idee gelyk het. En was. Die eerste keer was met die plukleer deur die kombuisvenster wat conveniently nie 'n knip aangehad het nie, en die 2e keer al met die badkamer se exhaustpype langs deur die badkamervenster wat gelukkig oop was.  Maar ek dink na 11 jaar gun ek myself 'n sleutel!


Na 2 kinders, verander mens se lyf. Surprize! En al wil jy dit nou nie weet nie, is dit hoe dit is... Girls, doen jouself 'n guns en gaan na Woolies sodat die vrou in die lingerie afdeling jou REGTE bra size vir jou kan gee. Hel, na 3 jaar se "in denial wees" het ek uiteindelik die regte bra size!!!! Dis fantasties om nie geskaaf en gedruk en gesny te word om en op plekke waar jy nie gedruk wil word nie! Doen dit!

Nog 'n personal goal wat ek nou maar net voortsit van die afgelope 2 jaar, is om nog 9 kg te verloor. Oor die afgelope 22 maande het ek al 18kg verloor en ek voel great. Gewig verloor is iets wat my en baie ander mense sommer honger maak as ek daaraan dink en ek wil nou nie so maer wees dat ek moet ankers gooi elke keer as die wind waai nie, maar ek dink daar is nog room for improvement. So as ek elke week 250g verloor, sal ek teen 21 September sowat 9 of 10kg's ligter wees.

WANT my sussie trou!!!! Met Phillip du Preez! Flippie, jy's cool! Ek love jou en ek love wat jy doen vir Nadia. 

 Apart from all that het ek nog BAIE om te sê, maar ek dink hierdie is vir nou eers genoeg om deur te werk!Tot volgende keer...

No comments:

Post a Comment