So hier sit ek nou in my "kantoor"...
'n kamertjie uit die gang oppad na die spaar/stoorkamer wat eers die hedendaagse stoep was wat nou mure het.
Dit is blerrie koud!
Die vloer het teëls en daar is 'n helse gat onder die deur.
Sê juis vir 'n vriendin gister dat, as ek my maag mooi intrek, ek onderdeur sal kan gly.
So groot. En die ysige lug kom daar deur man!
Die koue van die teëls slaan hier op in my bene en kruis nou net mooi hier in my lae rug met die koue van agter onderdeur die deur.
Ek wil 'n heater hê, maar sommer 'n ou china issue. Net vir die voete, want sjoe!
Mens kan net so lank suffer.
Ons het immers 'n aircon in die spaarkamer, maar daardie remote is al lankal weg.
As my rekenaar nie so baie drade gehad het nie, sou ek dit waaragtig geskuif het tot in die tee-vee kamer.
Ongelukkig kan ek nie meer op my laptop edit nie - die ding het ek met my eerste bonus gekoop in Simson se dae, nog selfs voor sy hare geknip was.
Nou moet jy weet.
Ek is nou 30.
Ek ek voel niks anders as 29 nie. So ek is nou nie seker of daar juis 'n verskil moet wees nie?
Ek het 'n great partytjie gehad - en ek bedoel vergeetlik GREAT.
Ek het voorheen vir Carol gewaarsku en gesê "Carol, ek ken my crowd. Sorg dat daar genoeg brandewyn is. My pelle van Despatch kom. Toe hoef ek niks meer te sê nie, sy het my verstaan.
Ongelukkig verkeerd verstaan, want hier teen middernag, toe ek nou LEKKER begin verjaar, moes daar inderhaas gery word tot by JR se shebeen in Hankey vir nog brandewyn, want my tjommas is almal oraait en die brandewyn op!
Daar was ook mense by my verjaarsdag wat ek nie geken of genooi het nie. Dit was baie cool dat mense die vrymoeidgheid gehad het om te kom, julle is ook almal oraait.
Baie dankie vir al die goeie wense en so aan - dit was koud, het bietjie gereën en als, maar julle was daar by die menigte. Vir my. Dit was 'n awesome gevoel.
Verlede maand se boereverening vergadering was heel interessant, hoor. Ek het daar goed gehoor wat ek moet implimenteer op die plaas waarvan ek nog nie gehoor het nie.
Daar is soveel opleidings beskikbaar vir ons werkers en soveel titels wat uitgedeel moet word met verantwoordelikhede dat ons nie genoeg werkers op die plaas het om al die rolle van belang te vul nie.
Ons sal maar hier en daar twee titels moet uitgee. Jong, as dit eers kom by opleiding vir handewas en soos ek gistraand gehoor het, opleiding vir besem operateur, dan weet ek nou nie wie bekwaam genoeg sal wees om in so 'n posisie aan te stel nie.
Sê nou die mense was verkeerd of te lank? Die implikasies! Ek wil nie dink nie. En die besem - hoe weet ek nou hulle gaan die ding reg vashou soos hulle in die opleiding van R400 geleer is?
O wag - gelukkig het ek mos nou 'n besem-vee toesighouer wat kan check en 'n vorm invul. Lorika het vandag die besem verkeerd hanteer. kom ons hou 'n vergadering en notuleer dit sodat ons die departement van arbeid kan wys as hulle kom inspekteer.
'n Incident report julle weet. Sy sal nie weer met haar linkerhand onder vee nie. Sy het 'n waarskuwing ontvang. Teken hier. Getuie teken hier. File.
Ander onbenullighede soos 'n per meter log boek van oral waarheen die bakkie ry sodat ons tog nie die hele diesel rekening eis nie, maak my lam.
Het julle ons bakkies gesien? Hulle is altwee 11 jaar oud. Die goed kan nie waag om van die plaas af te ry nie. Die ding is tegnies onpadwaardig. Daar word nie na 'n braai gery met die ding nie, of na die kerk of ander buitemuurse aktiwiteite wat NIE met die boerdery te doen het nie.
So ek dink daar is ons redelik veilig.
Ek het mos juis nou vertel van die bakkie in episode 2 - van waar die bakkie se wiel afgeval het en verdwyn het in die natuurskoon in.
Hy kon toe gelukkig 1 wheelnut leen by die ander 3 wiele om die spaarwiel soortvan vas te maak om verder te gaan.
Dan het ook ons darem 'n trok. Of eerder iets wat lyk na 'n trok - dieselfde raamwerk met die verkeerde binnegoed. Was petrol-is-nou diesel-verkeerde-ratkas-trok.
Skoonpa het gedog hy bedoel goed, en koop toe die stukkie trok ten duurste op die auction... Sal dit toe ook mos nou 'n ou scrap metal trokkie wees - ewe gevref met rooi - scrap metal - ai!
William het juis ook al sy bakkie se ratkas vervang nadat hy said vehicle teen die bult moes uitsleep om aan die gang te kom.
Dieselfde trok wat William juis die dag VOOR tabakinlewering mee gery het om tabak af te laai sodat die ander boere hom nie sien nie - net om daar te kom en uit te vind almal het dieselfde idee gehad!
Tydens daardie trippie het William 9 keer gaan staan OPPAD Patensie toe. Hy wou die trok ook toe maar soos die wiel die klowe in laat verdwyn het - as dit nie vir die tabak agterop was nie... Marius noem hom scrappy...
Ons forklift moet ook nou blykbaar getoets word. Daardie ding is so oud, mens draai nog 'n slinger om hom te start, so ek hoop die inspekteur kom op 'n warm dag, anders gaan dit bietjie sukkel.
Die elektrisiteit moet ook gecheck word.
Right.
Vinger op die knoppie.
Sit aan.
Lig gaan aan.
Elektrisiteit werk, teken asseblief hier en hier op die GEEL blaai, laat dit nou net nie 'n wit een wees nie.
Dit is R797, dankie.
Ons moet iemand aanstel om seker te maak dat die ander nie shock of sy vinger in die masjien druk nie.
Wie het nou so baie geld om iemand aan te stel om rond te staan en check vir dit? Ek dog "moenie jou vinger in die plug druk nie" was een van daai kommin sense goed.
Right, opleiding:
1 moenie-jou-vinger-in-die-plug-druk-nie rondstaner.
R400
Teken.
Sertifikaat.
Nou is nog iemand ge-uplift met 'n title...
Fan-TAS-ties!
Wednesday, 9 October 2013
Thursday, 3 October 2013
EPISODE 2 ...
Facebook is 'n snaakse ding - jy vind daar goed uit oor jouself wat jy NOOIT geweet het nie.
Mense raak kwaad vir jou oor simpel goed en "delete" jou sommer. Dit is vir my vreeslik snaaks hoe sommige mense so kleinlik kan wees en dink 'n delete knoppie gaan alles regmaak?
Since When? Laat weet asb hoe daai een werk.
Ek is tog so bang om te verjaar of om 'n man of kind te hê wat verjaar, want dan moet jy nou eers weer uitvind wie baklei met wie, wie wil nie saam aan dieselfde tafel sit nie, en wie mag nie by dieselfde party wees nie.
Dit irriteer my. Why not just be nice ter wille van jou hostess wat julle albei graag daar wil hê... As jy huis toe gaan kan jy maar verder jou Facebook unfriend knoppie gaan druk.
Blok mekaar sommer! Dan bestaan die een mos nie meer vir die ander een nie. Lekker.
Hoekom moet almal mekaar altyd met mekaar vergelyk? Alhoewel ek nou 'n Audi ry, is die blerrie ding al 6 jaar oud, het 160000 km's op die klok, die voorste linkerwiel het 1 wheel nut missing en die kinders mors kos oor die agterseat.
En so what - dis 'n kar en bring my van A tot B. Ek sal LOVE om ons ou Ford Escort te hê waarmee ons grootgeword het.
Daai ding sal seer sekerlik ligter wees op petrol en die services sal bestaan uit 'n sparkplug en 'n nuwe tyre so nou en dan as jou kerkloop sykouse teen die drade begin skaaf.
Daai Escort het my lewe hel gemaak op skool. Nou lag ek daaroor, maar op skool was dit die most humiliating experience as my pa my en Nadia met die Escort by die skool kom haal het.
En hy het dit geweet - which is why hy in die reguit stuk afgejaaaaaag het tot by die skool - EERS verbygery het sodat almal kon sien, en dan gestop het voor my - nadat hy op die toeter gelê het.
Dan is ons in, en het (saam met die agtersitplek) gegly agter die bestuurder se sitplek in... Tot by die huis.
Dieselfde Escort het ook 'n helse roeskol gehad regs agter net bokant die petrol cap. Vir my het dit gelyk of my pa die helse roeskol net met 'n enkel laag Plascon dubble velvet toegeverf het - dit was baie grof, soos skuurpapier.
of wag - dalk WAS die gat toegeplak met skuurpapier en TOE geverf? Ek gee nie om nie, want as dit oordentlik reggemaak was, sou ek nou niks gehad het om vandag oor te lag nie.
Die einste Escort het OOK een middag besluit om van sy exhaust ontslae te raak - dalk was hy jaloers op al die ander karre op Despatch wat so lekker geraas het?
My ouers is altwee onderwysers en ons het die Sondagmiddag besluit om Perseverance toe te ry waar die Standerd wat-ook-al kinders gekamp het. Halfpad met die grondpad langs het die exhaust in die helfte gebreek.
In die middel deur - ons kon nie vorentoe of agtertoe SONDER dat die hele ding nie vassteek op die gravel en heeltemal afval nie.
Wel nou ja, ons het besluit dat VORENTOE ons beste keuse sal wees, en my pa het net daar 'n plan gemaak.
Omdat hy 'n boot gehad het, was daar altyd 'n ketting en 'n slot in die boot van die Escort sodat my pa die boot se sleepwa kon vasketting.
Ketting is uitgehaal en die exhaust is aanmekaar geketting met die slot, en die ketting moes my ma deur die venster trek sodat die exhaust kon lig - sodat ons kon ry.
Oppad huis toe het my pa deur Pres. Reitzstraat gery. Hoekom hy nou gekies het om deur die buurt te ry waar mense besig was om te slaap - eerder as deur die hoofstraat waar hy niemand sou offend nie, en waar hy maar net sou klink soos nog 'n laaitie wat iemand wil dice, weet ek tot vandag nie.
Ek sal daardie dag nooit vergeet nie.
En om terug te kom by die vergelykings waarvan ek vroeër gepraat het - hoekom wil almal probeer beter wees as die vorige een? Dit is vir my sleg, want ek is nie so nie... In episode 1 het ek wel genoem dat ek 'n undercover poppie is, maar dit beteken net dit.
As daar 'n vergadering is, trek ek maar altyd my Woolworths jean aan, in case die label uitsteek, sodat almal verdomp kan sien ek het ook een. En die enigste leerhandsak en fake pêrels word aangeslaan om in te pas. As daar verjaarsdagpartytjies is, word almal genaartjie en gekido van kop tot tone - soms dieselfde pakkie as by die vorige verjaarsdagpartytjie.
Dit is simpel en ek dink jy maak die lewe net moeilik vir al die gewone mense om jou. My kids floreer in PEP klere (soos hulle ma) - hully groei so vinnig dat ek NIKS voel om daar verblykte t-shirt in die drom te smyt nie - of af stoor toe te stuur saam met Sophie vir 'n verskoonsel'kie olielappe.
Mans, hoe gereeld maak jy vir vrou die deur oop? Ek moet sê ou William doen dit so nou en dan, maar dis cool as hy dit nie doen nie. Ek ry nie gewoonlik nie in sy bakkie nie, want dit is BAIE vuil, ghrieserig, stinkerig en stowwerig, maar as ons die dag iewers in die bakkie moet heen, sal hy te oulik vir my al die spanners en irrigation things uit die pad uithaal sodat ek kan sit - so hy MOET vir my die deur oopmaak.
Die bakkie was egter nie altyd so bad nie. William het sy bakkie gekry die week toe ek en hy op ons eerste date was. Jis, dit was mooi - met die klem op WAS.
Ons het mark toe gery op 'n Maandag- en Woensdagaand en dit was tog te heerlik. Aircon / heater aan in either die somer of winter. EN ons kon CD luister. Needless to say 11 jaar later kan jy NIE DURF WAAG om die air vents oop te maak nie, want jy sal binne-in 'n kroniese sinus probleem geblaas word, en die CD werk NIE, want NOW 5 sit vas in die CD player. Ook kan die radio nie meer werk nie, want die aerial is non-exsistant.
So het ek toe mos weer onlangs saamgery, en dit was toe weer vet pret - ons het gelag oor die aircon en die radio en het onsself getreat met 'n lekker Kentucky burger soos in die ou dae.
William se bakkie is BIETJIE geduik, of ek moet eerder sê bietjie NIE geduik nie. 'n Hele paar blou Chep pallets het oor die dak geval op die bonnet op en William se pa het in die bestuurders deur vas reverse... Net om die volgende dag te vra "wat het met jou deur gebeur?"
Wiliam het dieselfde bakkie ook al gerol op die Hankey pad toe hy een aand laat van my af huis toe gery het... en teen 'n koei gebots het. James was volgens William eerste op die toneel binne 3 minute (?).
Dieselfde bakkie se wiel, ja hele wiel, het 2 weke terug oppad Humansdorp toe sommer afgeval... 2 uur later het Vuyani die tyre in 'n bos gekry 200m verder in die kloof af...
Daardie selfde week se Vrydag het die brieke gefail - en hy is amper bo-oor 'n onskuldige outjie...
En nogsteeds dink William nie die bakkie is due vir 'n replacement nie.

Subscribe to:
Posts (Atom)