Wednesday, 18 December 2013

EPISODE 5

Gister is ek PE toe, vir last minute things.....
En oh my word.
Die stad is so besig, lyk soos 'n miernes wat uitmekaar geslaan is.
Niemand weet regtig waarheen hulle oppad is nie, maar almal is oppad iewers heen.
Mense drentel in die winkels asof hulle niks beter het om te doen nie... Asof die son nie skyn nie.

Ek soek natuurlik vir 'n short, want my broeke was verlede Desember al te groot vir my en na die gewig se verdwyning hierdie jaar kan julle net dink hoe dit NOU aan my hang!
So ek soek ORAL vir 'n kortbroek, maar kry net hierdie piep klein nommertjies wat net net jou kuisheid toemaak - sal ek mos ooit in so iets verskyn... 


Soek verder, kry niks - net skinny jeans in alle kleure van die reënboog, waarvan ek ook nou al genoeg pare het - en wie wil nou op die strand gaan loop in 'n jean?
Ek soek net 'n ding tot by my knieë sodat ek oor die bult kan stap tot waar ek in vrede kan lê agter die duin in my rooi costume waar niemand my gaan sien nie...

Ek soek verder - ek kry toe 'n driekwart jean, maar die hele rak hang vol size 30's.   Regtig?  Is daar mense wat 'n size 30 dra? Groot mense? Met kinders?
Ek besef weer ek is in 'n verkeerde winkel wat nie cater vir 'n mamma-lyf nie.

Die paadjie loop toe skielik uit in Woolworths, en julle weet mos nou al hoe ek voel oor Woolworths. Na die rooi lipstick-affêre van my suster se troue, wil ek nie weer daar in nie...
Maar hier is ek toe - daar is nie 'n ander paadjie as deur Woolies nie.
Ek soek my dood na die kortbroeke en wragtigwaar, hier hang presies wat ek soek.  Lekker lank, presies tot oppie knie. Ek smile toe sommer en is bly omdat ek vir 'n slag hierdie somer 'n short gaan hê wat my pas wat ek NIE by my ma geleen het nie.
Die broeke is beautiful...
Ek kyk na die prys...
Die broeke is aaklig !!!
Liewe vader mens, R300 vir 'n short? Betaal mense dit? Vir 'n short? Waarmee jy net wil loop en skuil agter 'n duin?
Never... ek sug en loop maar weer verby, tot by die eerste winkel.  Langs die miniture jeantjies hang 'n rok - lekker lank om al die bulte en strepe toe te maak en my size en wat pas by my rooi costume.
Wie't in any case nou 'n broek nodig?

Die rooi-lipstick affêre was nou vir jou 'n oordentlik katarsis daardie middag in Woolworths.....
Ek is ook met default by Woolworths is.  'n Vriendin het my gebel en wil lang dinge staan en praat - ek hou nie regtig daarvan om op die selfoon te praat in die openbaar nie.  Dit is nie nice nie, maar said friend wou nie neersit nie, en ek glip toe by die naaste winkel in om net uit stroom mense te kom.
Dit is toe Woolworths en ek glip verder agter die cosmetic counter in sodat ek in vrede verder kan gesels... Hier uit die bloute spring 'n jong poppie uit, vreeslik grand gemake-up en so en vra of sy my kan help.  Ek voel toe sleg oor ek hier in haar gebied op die selfoon klets en sê toe ja, ek sal haar nou kom soek, ek praat net gou klaar.....
Die gewone mense sou natuurlik geloop het, maar nee - Anneli met 'n gewete gaan soek toe vir Barbie en sê toe maar ek soek rooi lipstick vir my sussie se troue...  Ek dog rooi is rooi?  Daar was toe allerhande rooie in die laai en toe ek uiteindelik my mind opgemaak het, is ons till toe...
Sy lui die rooi lipstick en die till wys R300... Dit moet 'n fout wees?  Maar sy lyk heel kalm vir iemand wat nou die till verkeerd geoperate het...
Ek besef toe dat dit nie 'n fout is nie. Die flippen rooi lipstick kos R300.  Honestly?  Betaal mense dit?  Vir lipstick?  R300?
Ek ruk toe maar die plaaskaart uit, want g'n normale mens het R300 in hulle budget vir 'n once-in-your-life-rooi-bek nie...

DIT is hoekom ek nie in Woolworths ingaan nie, hulle trick jou. Hang mooi broeke uit en vreeslik hot rooi lipstick en dan vang hulle jou.  Ek like nie om gevang te word nie.
Maar nou het ek rooi lipstick.  Wat ek nog nie weer gedra het nie - mens dra mos rooi lippe saam vreeslike dramatiese oë, en hierdie mens dra mos nou nie make-up nie.
Dit is nou in die kluis. 
Vir die volgende groot affêre waarheen ek rooi lippe sal dra.

'n Rukkie terug bel dieselfde said friend wat my dure lipstick laat koop het my... Het ek gehoor Zara maak oop in Walmer Park!  Zara wie?  Wie is sy en wat verkoop sy?  Kan mens dit eet?
Sal ek mos nou weet dat Zara 'n exclusive la-di-da klerewinkel is?  Ek is mos nie so nie... Sy moet weet!  En toe is ek gister by Zara verby, vreeslik grand en wit en swart en klassiek - so totally nie ek nie.....
Maar ek weet nou ten minste wie die Zara-meisiekind is en waar haar winkel is!

Die hele shopping centre is 'n gemors, mensies in weird kleertjies wals verby - die een meisie het die mooiste tattoo op haar rug, die meeste mense wat my ken weet nie eers van myne nie, want hy is nooit meer op public display nie.
Hy lê nou net mooi op die verkeerde plek, daar in die onder-die-naeltjie-bo-die-knie area op my rug, waar g'n mens hom ooit weer gaan sien as ek my bikini aanhet nie...
Want ek dra nie meer 'n bikini nie, lankal nie meer nie!

Soos ek verder stap is dit net i-pads en i-phones en die tablet en daardie tablet en die game en daai ding en Ben 10 en angry birds...

Wie is Ben en hoekom is die voëls knorrig? 

My kinders ken nie hierdie gemors nie.  Hulle ken vir spongebob en vir king Julian en hulle speel met puzzles en regte karretjies.  Wat kom in 'n boks.  Wat jy met jou hande bou en op die grond stoot.

Terwyl ek oppad was PE toe, het 'n mamma ingebel op 5fm en gevra, wat is nou die beste vir haar 9-year-old?  'n i-pad mini of 'n some-or-other ander tablet ding waarvan ek nog nooit gehoor het nie? 
Die persoon in die alteljee het gesê die i-pad mini, want dit is klein vir klein handjies, en dat die mamma asseblief net 'n goeie cover moet kry saam met die mini pad, "because before you know it, it will be covered with snot and falling down a flight of stairs"

ek lag kliphard...

my point made
as jy klein is hoort snot op jou mou.
saam met die modder aan jou voete.
waar jy speel
buite
saam met regte birds
friendly birds