Tuesday, 26 November 2013

EPISODE 4

Ek is seker ek sou met iets gediagnoseer gewees was (soos William sou sê) as iemand my vir allerhande toetse gestuur het in my skooldae.
Ek kan nie konsentreer nie, kan nie stilsit nie, kan nie dieselfde brilraam dra nie - dus het ek altyd 2 verskillendes - werk in die nag, sukkel om te slaap en is ongelooflik impulsief.  Ek is verslaaf aan skoene bymekaar maak, gewoonlik die ongemaklike ondra-bare weergawes en kleur my hare weird. Ek lig my voete op as ek oor 'n treinspoor ry en roer my koffie 'n spesifieke manier...

(Hierdie uitlatings is geensins gemik op iemand wat wel op medikasie is nie, and is for entertainment purposes only.  Soos hulle op die draadloos sê, this
advertisement was paid for by the political party concerned)

Ek kan net 4 pakslae's onthou in my lewe, alhoewel daar seker meer was.  Die vierde wil ek nie oor praat nie, het 'n pilletjie nodig, maar die ander drie was vir my significant.

Die eerste pakslae wat ek onthou het ek gekry omdat ek nie ore gehad het nie.  My pa doen ongelooflike mooi houtwerk en het vir homself 'n miniatuur staanhorlosie gemaak met gewigte en chimes, the works.  Die pragstuk het gestaan op sy Pioneer hi-fi speaker soos mens in die gang afkyk.
Ek en Nadia (sus) het een van die treffer SHELL skopfietsies gehad, daai plastic wenner bikes!  My pa het gesê dat ons NIE in die huis daarmee mag ry nie, en soos mens mos maar is, het ek het Nadia mekaar in die gang af gestoot op die rooi en geel Shell motorbike.  Vet pret, totdat ek nie my draai in die sitkamer kon inkry nie, en met 'n slag reguit in die hi-fi speaker in is... Needless to say het die arme klok flenters gebreek op my kop en in stukke op die vloer geval.  Daar was bloed.
Wel, bloed of te not, is ek daardie aand goed gefoeter oor nie luister nie.  
Toe ek die volgende oggend wakker word, het my pa in die nag die klok weer semi heelgemaak en toe ek weer in die sitkamer instap het die klok heel op die bank gelê... en TOE voel ek EERS sleg!!  Maar ek het nie weer in die gang gery nie.

Die volgende pakslae wat ek onthou was toe ek 15 of 16 was,  ons was in Warmbad, by my pa se neef gaan kuier.  My niggies het ons toe haar donkie gaan wys, Bessie as ek reg onthou! Dit nadat ons aangesê is om by die huis te bly totdat die ouers tuis was.  EN om alles te kroon is ons in 'n KAR daar weg sonder 'n lisensie. Dit was uit blote skok van my ouers omdat hulle nie geweet het waar ons was nie, dat ek daardie dag pakslae gekry het, en ek voel dit was bietjie unfair aangesien ons heel en unharmed by die huis gekom het!

Die laaste pakslae wat ek gekry het was ek ook seker 16, met die houtlepel by die strandhuis.  Ek was seker maar cheeky met my ma, maar sy gryp vir my en foeter my met die houtlepel ... en DAAR BREEK DIE HOUTLEPEL.
Ek bars natuurlik toe in 'n histeriese lagbui uit... En my ma ook - so dit was toe die laaste pakslae ook.

'n Goeie pakslae is altyd goed op sy tyd, en ek SAL my kinders 'n pak gee as hulle dit kort.  En ek glo ook dat daar nie soveel probleem kinders is as wat daar gediagnoseer is nie, maar eerder 'n paar probleem ouers wat 'n pakslae nodig het.  Ek was self 'n onderwyser en sit jy by 'n oueraand VERSTAAN jy al te goed hoekom die kinders jou "ma se partytjie" woorde sê by die skool, want hulle het geen verwysingsraamwerk by die huis het nie.

Daar is altyd gedreig en gesê "wag tot jou pa by die huis kom" - ek en Nadia het dan altyd in die vyeboom weggekruip.

Ek het ook in Standerd 2 by die skool pakslae gekry, dit was nie een van die 4 nie. 
My pa is 'n onderwyser by dieselfde skool as waar ek was (laerskool).  My pa was so ongelooflik regverdig en daardie dag was my toets nie geteken nie.  Ek hol toe gou op na my pa se klas dat hy dit kan teken.  En hy het geweier.  En ek het pak gekry by juffrou le Roux.  En dit was reg, want ek het nie my huiswerk gedoen nie.

My dad has never been my "get-out-of-jail-free" card ... alhoewel daar mos obviously die select few ouers was wat nie kan verstaan dat ek REGTE brains het en gewerk het vir wat ek het soos al die ander nie. Hy het tot 'n password feature op die ou 486 MS DOS rekenaar laat sit sodat ek nie die vraestelle kon sien nie. Haha

Die beste van alles was dat, wanneer ons stout was en my ma vir my pa gesê het "Anton, praat met die kinders!!!"..... hy ALTYD vir ons gesê het "ek soen jou, hoor"
... dit WAS mos praat met die kinders after all.